Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!


Die oomblik het uiteindelik aangebreek,

 

Senuwees had my amptelik bleek,

 

Die dag waarvan elke tiener droom,

 

Ek praat nie nou van die eerste soen onder die groot eikeboom,

 

Nee, dit was iets baie meer besonder,

 

Iets waaroor elke meisie droom en wonder. . .

 

 

Een oomblik was dit nog ‘n leeftyd se wag,

 

Toe ek my weer kon kry, was dit daardie spesiale dag,

 

Die voorbereiding was ‘n regte bulletjie,

 

Maar ek het dit oorwin, nou sit hy met ‘n ronde nulletjie,

 

Die hare en naels en grimering, was meer as ‘n handvol,

 

Die rok en motor en aanhangsel had my amper keelvol. . .

 

 

Die oomblik was meer as al die moeite werd,

 

Dit was soos ‘n sprokie met ‘n ridder op sy wit perd,

 

‘n Beeldskone prinses op haar mooiste geklee in haar wonder kostuum,

 

Ook gespuit met die duurste en lekkerste  parfuum,

 

Koningskos en ‘n klok wat twaalf uur slaan,

 

Harde geselsies, en sagte dansies om en oor die baan. . .

 

 

Een oomblik was alles perfek, sprokie kwaliteit,

 

Die klok slaan, en ek herkry weer my eie, ou identiteit,

 

Nou is agtien jaar se droom niks behalwe ‘n herhinnering nie,

 

Niks behalwe nog ‘n hoogtepunt in my lewe nie,

 

Dis verby: nooit ooit weer sal ek so ‘n kans kan kry,

 

Maar hierdie spesiale aand sal altyd in my gedagtes bly. . .

 

 

Die oomblik was my eerste en laaste matriekafskeid,

 

Alle eer aan koning Jesus, se ek met alle dankbaarheid,

 

Aan Hom wat dit vir my moontlik gemaak het,

 

Hy wat my op sy hande gedra – en my bewaar het,

 

Dit was en is steeds ‘n hoogtepunt in my lewe,

 

Fantasties was dit, elke gebler, elke gesukkel, en ook elke bewe. . .

 

 

Wat ‘n wonderlike dag in my lewe !!