Ek vra altyd vir liefde, aandag en geduld,
Asof jy so erg is, maar dis ek wat jou skuld,
Van toe af al gee jy voor jy is so sterk,
Ek ken jou hartjie, klein, sag en met my gemerk,
Ja, jy is ‘n man, ‘n goeie man, my man,
Maar al herken jy dit nooit, sal ek kan...
Jy wil ook vasgehou word, net soos ek,
Jy wil ook spesiale woorde hoor, net soos ek,
Jy wil ook respekteer word, net soos ek,
Jy wil ook gewaardeer voel, net soos ek,
Jy wil ook geluk beleef, net soos ek.
As jou vrou, jou enigste, jou toekoms,
Sal ek jou meer gee as ooit tevore, as soms,
Vir jou sal ek enige iets doen, als vir jou verhef,
Vergewe my, ek het dit nou eers besef,
Ek sal opmaak, vir die res van ons lewe saam,
Ek belowe jou, van nou af sal dit net beter gaan.