Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!


Wanneer ‘n meisie se kop op een plek is,

 

En haar hart op ‘n heel ander plek,

 

Sal niemand dit verstaan nie,

 

Niemand sal dit probeer aanvaar nie…

 

 

 

Wat moet so ‘n meisie op die ou end besluit,

 

Wat staan so ‘n meisie te doen,

 

Sy wil niemand seer maak nie,

 

Sy wil ook nie in die proses self seer kry nie…

 

 

 

Haar hart trek haar na die noorde,

 

En haar kop trek haar heeltemal na die suide,

 

Sy is verdwaal sonder enige hulpmiddel van rigting,

 

Sy weet nie waarnatoe volgende nie…

 

 

 

Volg sy nou haar kop,

 

Dan sit sy met iemand vol draadwerk,

 

Iemand wat sy baie lief het,

 

Asook iemand wat die wereld vir haar beteken…

 

 

 

Volg sy nou haar hart,

 

Dan sit sy met tydelike geluk,

 

Verloor sy dalk haar hele persoonlike toekoms,

 

En erfaar sy wat sy nog die heeltyd vermis…

 

 

 

Sy idle maar net,

 

Sy twyfel met die keuse,

 

Sy weet nie wat om te doen nie,

 

Sy is meer deurmekaar as ‘n pot groentesop…

 

 

 

Aan wie moet sy almal dink,

 

Haar kop of hart party, of haarself,

 

Nee, sy wil dink aan die hede,

 

Nee wag, sy moet dink aan die toekoms…

 

 

 

Maak nie saak hoe hard sy probeer,

 

Op albei keuses gaan sy iets verloor,

 

Iemand gaan hartseer wees,

 

En iemand gaan alleen agter bly…

 

 

 

Sy is baie bang vir die hele gemors,

 

Hoe het sy hier beland, wonder sy,

 

Vir nou, sal sy net moet kyk wat gebeur,

 

En elke dag vat soos hy kom, wanneer hy kom….