Dae sonder jou,
Is erger as klippe kou,
Moeiliker as monumente bou,
En valer as die dofste makou…
Dis ‘n wrede gevoel van verlange,
Dit is so diep soos my hart se gange,
Dis aakliger as ‘n put vol slange,
Die idée alleen maak my skoon angs bevange…
Daar is niks erger as om jou te mis,
Die beste gevoel ooit is as ek by jou is,
Daar is niks erger as om na jou te verlang,
Jyt my hart gesteel en verewigheid gevang…
Dae sonder jou,
Maak my bene in mekaar vou,
Maar ek weet die gevoel gaan nie lank hou,
Want net nou sien ek jou weer gou…