Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!


Wanneer ek terug dink aan ons ontmoetings dag

 

Weerspeel dit ‘n duisend glimlagte tot laat in die nag

 

Onophoudelike soentjies met liefde so sag

 

Spesiale oomblikke laat my tot vandag toe nog lag

 

 

Van dag een af het ek geweet jys bedoel vir my

 

Het ek gevoel jys die enigste een wat ek wil he aan my sy

 

My bloed het geborrel elke keer as ek ‘n kyk van jou kry

 

En vanaf daardie heel eerste oogopslag was jy al spesiaal verby

 

 

Vandag na ‘n jaar en ‘n half wat ons een paadjie saam stap

 

Voel ek sterker oor als en meer vir jou as by die eerste liefdes trap

 

Dis net jy wat dit kan reg kry om my kop so deurmekaar te krap

 

En dit wat ek werklik vir jou voel is lankal nie meer ‘n grap

 

 

Die een vraag wat heeltyd in my kop vas steek

 

Se antwoord ken jy wat ek bitter mooi voor smeek

 

Die vraag is of jy bereid is om die saadjie te kweek

 

En hom vir altyd in onophoudelike liefde sal kan week

 

 

My groot vraag aan jou is WAT GAAN DIT VAT ?

 

 

VIR ONS ALBEI. . .

 

 

Om die werklikheid te besef van wat ons twee reeds het

 

Ek en jy saam voldoen defnitief aan die sogenaamde liefdeswet

 

 

WAT – ons reeds besig is om te ervaar is baie raar maar tog so waar

 

GAAN – ons dit nou besef of hartseer en pyn eerder laat vaar

 

DIT – wat ek op fotos sien laat my weer besef ons is die perfekte paar

 

VAT – die bogenoemde asb ernstig op want die onsekerheid maak my klaar

 

 

?

 

 

Ek vra weer . . .

 

 

WAT GAAN DIT VAT ?