Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

 

Dit was ‘n somersaand, jy het alles in detail beplan,

 

Ek was so kwaad want jy kom laat by die huis aan,

 

Min het ek geweet jy het my pa gaan vra, ure verder,

 

Hy het gese ja, neem my dogter en wees haar herder.

 

 

Dit was ‘n skou aand, jy het alles in detail beplan,

 

By die kar vertoning sou ek in die middle van die veld staan,

 

Voor duisende gesigte sou jy my op jou kniee die groot vraag vra,

 

My joune maak, ek sou van toe af al jou ring kon dra,

 

Maar wat kan ek se, als behalwe reen was deel van die beplanning,

 

Ok maar goed so, ek kon sien jy was wit van al die spanning,

 

Met nat, romantiese, deurmekaar hare en als kon jy nie die kans laat verbygaan,

 

Toe vind ek my diamantstuk in my drankie met die Roy’s Pub & Grill naam aan.

 

 

Dit was ‘n sprokies aand, ons het alles in detail beplan,

 

Ek was gereed om aan te neem jou, ons, pragtige van,

 

My hart was opgewonde en my maag vol bondels spanning,

 

Veral toe ek uit die Rolls Royce klim, gevoel of ek eerder wou spring,

 

Jy het met jou rug na my gestaan, jy was so oulik en nuuskurig,

 

Uiteindelik val ons oe op mekaar en sluit ons hande as een, vurig,

 

My papa handig my oor aan die beste ding wat ooit met my kon gebeur,

 

Jou oom se preek was so mooi, opreg en diep, meeste het selfs al begin treur,

 

Hierdie aand was reeds al vier jaar terug se toekoms plan,

 

Van dag een af het ek geweet jy is my nommerpas, my trou man,

 

Die res van die aand was asemrowend, ons het als geniet,

 

Maande se beplanning, sweet en betaal was duidelik nie verniet,

 

Dit was die heel beste dag van my lewe,

 

Hoe kon ek ooit sonder jou tot nou lewe, dis te vergete,

 

Ek sien so uit na die toekoms, elke jaar, elke dag saam jou,

 

Jy gee my reeds meer as wat ek wil he, ek sal wees vir jou, ‘n ware vrou!