Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!


Eergister het ek ‘n mielie verslint,

 

Dit was so lekker maar tog so min,

 

“n Harde mielie was gedeel met my baba boet,

 

Dit was so lekker om hom met iets in die maag nag te groet,

 

Daar was net twee mielies per gesin,

 

My mamma en papa het een verloor toe hulle prober meel spin...

 

 

 

ONS KRY NIE MEER REEN, ONS LANDE BLY DROOG,

 

AL WAT ONS WEL KRY IS HONGER TRANE IN ELKE OOG...

 

 

 

Wes-Afrika, selfs tot in die verre Amerika,

 

Is daar Biljoene wat net‘n happie vra,

 

My broekie gly af, ek besit geen belt,

 

My mamma kan dit nie vat en sit aldag en huil in die veld,

 

My boetiekie se hempie hang op sy kniee, dis jammer,

 

My pappa kan dit nie keer, hy is al swak van al die bekommer...

 

 

 

ONS GESIN, FAMILIE EN VRIENDE GETALLE VERMINDER DAAGLIKS,

 

EEN VIR EEN VERDWYN ELK EN EINDIG OP DIE HOOP, DIS IETS AAKLIGS...

 

 

 

Ek onthou nog waar alles begin het, die jaar 2010,

 

Ek was drie, as ek maar net in die toekoms in kon sien,

 

My boetie, nou een, verstaan glad nie wat gaan aan,

 

Ek weet my mamma en pappa prober hul bes, hul is gedaan,

 

Om te glo dit gaan beter word, bly maar lee woorde,

 

Lee woorde, net soos my maag, vermeerderde moorde...

 

 

 

ONS BEHOORT MORE WEER ‘N HAPPIE OF DALK NIKS TE KRY,

 

'N HAPPIE VIR ELK VAN ONS AS ONS GELUKKIG IS NA AL DIE STRY...

 

 

 

Meer as 13 Miljoen is oorlede in 2011, meestal kinders en vroue,

 

Niks is seker erger as om met so gevoel te leef in die koue,

 

'n Handjie vol prober om te help maar slaag nie regtig nie,

 

Ander massas vergeet van ons en maak nie eers ‘n effort nie,

 

Toe alles begin in 2010 wou niemand luister of die waarheid sien,

 

Vandag is dit reeds te laat, skade is gedoen, lee borde word bedien...

 

 

 

EK SIDDER OM TE DINK AAN DIE TOEKOMS HIER, DIE DODETAL TOT DAN,

 

VOEL OF EK STEMLOOS SKREEU OM HULP, BLIEF, HELP ONS AS JY KAN...

 

 

 

Jy wat lekker eet daagliks, soms vierkeer per dag,

 

Staan net so twee rand af of dink teminste net aan ons in die honger nag,

 

Dis duidelik, ons vra net kos, die minste, die noodsaaklikste,

 

Ons bly net onskuldige kindertjies met magies vol uiterse hongerte,

 

Siek is ons ook permanent, soms tot op ons heel laaste,

 

Ons kan ons self nie help, ons vertrou om hulp en hoop van ander se plase...