Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

 

Het altyd gedink ek sal kan doen met net ‘n MILJOEN,

 

Want daar is so baie dinge wat ek graag nog sal wil doen,

 

En al het ek nog nooit eers ‘n persent van die MILJOEN gahad nie,

 

Sal ek my lewe saam met jou vir niks geld ooit verruil nie.

 

 

Want elke oomblik saam met jou is ryker as die duurste noot,

 

Ryker van geluk en plesier wat ons net nader na mekaar stoot,

 

Ek het goud gekies, Ek het jou gekies, in plaas van die MILJOEN,

 

Want daar is so baie woorde aan jou wat ek wil sluit met ‘n sagte soen.

 

 

Die woorde wat nerens anders uit kom as uit my enigste hartjie nie,

 

En alhoewel ons soms worstel sal ek nooit op gee nie,

 

Want jy beteken meer vir my as wat ‘n vol beursie ooit sal kan doen,

 

Jy is daagliks daar vir my en vang my altyd as ek val soos katoen.

 

 

Ek het rykdom gekies, Ek het jou gekies, in plaas van die MILJOEN,

 

Weet regtig nie wat ek ooit sonder jou sal doen,

 

Daarom vat ek nou hierdie oomblik om vir jou te vertel,

 

Hoe baie ek jou waardeer en weet jy is my lewens pel.

 

 

Ek is so lief vir jou en weet jy vir my ook, want,

 

Elke keer as ek in jou oe kyk, sien ek my toekomsland,

 

Vandag is ek die skatrykste meisie ooit met waarde van meer as ‘n MILJOEN,

 

Want jy is die kosbaarste en duurste besitting wat aan al my begeertes voldoen.