Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

 

Liefde word gesien as die rots,

 

Die sterkste die heel belangrikste,

 

Liefde sal net deur een manier skyn,

 

KOM-IN, KOM-IN, KOM-IN-u-kasie.

 

 

Dis die kosbaarste en skaarste trots,

 

Dit kom onverwags en die vinnigste,

 

Dis iets onbeskryflik, verslaan die pyn,

 

KOM-IN, KOM-IN, KOM-IN-u-kasie.

 

 

So ook kan dit maklik verdwyn,

 

Deur swak, swakker en dan geen,

 

Geen KOM-IN-u-kasie, vergroot die spasie,

 

KOM-IN, KOM-IN, KOM-IN-u-kasie.

 

 

Voor dit te laat is, skink ‘n rustige wyn,

 

Hou my stywer, hou my ver van al die pyn,

 

Se my, vertel my, KOM-IN-u-keer met my,

 

KOM-IN, KOM-IN, KOM-IN-u-kasie.

 

 

Ek roep na jou,

 

Ek soek na jou,

 

Ek smag na jou,

 

KOM-IN, KOM-IN, KOM-IN-u-kasie.

 

 

Uiteindelik, welkom binne, welkom,

 

Herstel die gaping, spasies tussen my en hom,

 

Jy’s ons held, ons is weer naastes,

 

Dankie, ek se dankie, ons spaar duur kostes...