Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!


Ek is soos ‘n reuse panda beer,

 

Wat normaalweg uit my foute leer,

 

Ek prober maar kan die foute nie keer,

 

Ek’s bang, want dikwels kry ek te seer,

 

Die bogenoemde kom als op die volgende neer…

 

Toe ek nog baie jonk was,

 

Moes ek altyd weg kruip in my donker kas,

 

Die mense was vir my ‘n groot las,

 

Omdat ek altyd moes stil sit op my bas,

 

Hierdie omstandighede het my nooit regtig gepas…

 

Gelukkig vir my, ek word ouer,

 

Een ding wat ek sal bly, is ‘n stouter,

 

My klein hartjie word vinnig kouer,

 

My siel is so sterk soos ‘n lewenslange bouer,

 

Maar my liggaam bly my enigste houer…

 

Wel, ek geniet nog elke oomblik van jonk wees,

 

Bahalwe as ek by die skool engels moet lees,

 

‘n meisiekind wil ek nog vir lank wees,

 

Want jonk wees en jolyt is maar in my gees,

 

Gelukkig sal more nog baie mooier wees…

 

Vergeet van verlore gister,

 

Ons is belangriker as die grootste minister,

 

Verpak al jou sorge in ‘n ou leer,

 

Al hou jy daarvan om so nou en dan te bler,

 

Die beste van als is die einde is nie meer ver…

 

Moet nie moed opgee, daar’s altyd hoop,

 

Jy as person moet net die regte pad loop,

 

Maak jou hart vir die Here oop,

 

Moet nie bangwees om jou problem te sloop,

 

Maak net seker jy is Christelik gedoop…

 

Maak die beste van jou eie lewe,

 

Vergewe meer as sewentig maal sewe,

 

En onthou om nie onnodig te bewe,

 

Hou net vas aan God, Hy is hoog en verhewe,

 

Hy’s regverdig, vir Hom is almal ewe…

 

Wees tevrede en gelukkig met jouself,

 

Alhoewel mens soms nog dieper moet delf,

 

Dis nie altyd maklik, maar doen dit tog self,

 

HaHa – en my ‘lucky’ nommer is nie verniet elf,

 

Verloor die slegste, behou die beste, seel die welf…