Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

 

As ek maar net myself in twee kon deel,

 

Sou ek met almal wat wou, saam kon speel,

 

As ek maar net my hart in twee kon deel,

 

Sou ek vir almal ‘n stuk wou gee, om mee te speel,

 

 

As ek maar net my tyd in twee kon deel,

 

Sou ek vir elk tyd gee, om saam my te speel,

 

As ek maar net my lewe in twee kon deel,

 

Sou ek tevrede wees, deur al my wonde te heel,

 

 

AS EK MAAR NET, AS EK MAAR NET,

 

Maar nee, dis mos teen die liefdeswet,

 

Net jammer, want wat kan ek tog se??

 

Dis meer as een wat ek wil he!!