Site hosted by Angelfire.com: Build your free website today!

 

Vanaf daardie heel eerste asemtuigie,

 

En vanaf daardie heel eerste kruipie,

 

En vanaf daardie heel eerste treetjies,

 

Net nadat oom dokter gese het…”it’s a boy”…

 

 

 

…dis daar waar die spesie begin ontwikkel,

 

 

 

Alhoewel so klein, sag en onskuldig,

 

En alhoewel so mooi, oulik en pragtig,

 

Moet daar sekere dinge nie mis gekyk word nie,

 

Moet daar spesifieke feite nie verlore gaan nie…

 

 

 

…want hierdie spesie moet ernstig opgevat word,

 

 

 

Daar moet altyd ‘n oog op hulle wees,

 

Daar moet altyd ‘n oor naby hulle wees,

 

Daar moet altyd ‘n neus in die lug wees,

 

En daar moet nooit, let wel, nooit…

 

 

 

…nooit moet een van hulle vertrou word nie,

 

 

 

Hulle stank erger as rommelkompos,

 

Hulle rang is minder as ‘n ontelbare minus,

 

Hulle visie is om die room van die aarde te beswadder,

 

En hulle misie is om elkeen net aan himself te dink…

 

 

 

…die hulle is bekend as ‘mans’ en alle mans is GEMORS !!!